• PDF
  • Print
  • E-mail

Spesiaal vir ons senior burgers...

Die Bosveldfeeskomitee nooi alle senior burgers om die Fees 2 Julie te besoek en saam te kom
aansit vir ‘n heerlike ete in die Mogol funksiesaal. Toegang vir alle senior burgers sal die Vrydag
gratis wees en die ete word aangebied met die komplimente van die Feeskomitee. “Dit is
maar iets wat ons doen vir die oumense van ons dorp, sê Bosveldfeeskomitee voorsitter, Marie Seegers. Sy voeg by
dat die reëling vir alle senior burgers geld, selfs besoekers van ander dorpe en stede.


“Almal is welkom om te kom saam eet en kuier,” sê sy.