• PDF
  • Print
  • E-mail

Smeer daai potte vet...

As daar nou een ding is wat meer tuis is langs ‘n hardekool vuur as ‘n mondfluitjie en kitaar, is dit ‘n boepenspot. En by hierdie jaar se Bosveldfees gaan almal weer die geleentheid kry om te wys hoe vaardig hulle hierdie ou staatmakerpotte kan ispan om koningsmaaltye voor te berei.
Daar is twee katergorieë – een vir Jan Alleman en een vir besighede.
Jan Alleman inskrywingsfooie beloop R100 per span en besigheidsinskrywings beloop R200 per span.
Jan Alleman deelnemers gaan dit moet uitspook deur ‘n voorgereg,
hoofgereg en nagereg te bedien terwyl besighede groot potte gaan moet maak sodat die kos verkoop kan word. Al die fondste wat uit hierdie verkope ingesamel word, word aan die Suid Afrikaanse Vroue Federasie geskenk.
Besighede sal Vrydag meeding en Jan Alleman op Saterdag.