Bielie van ‘n beesfees lê voor!
Soos elke jaar wag daar ‘n Beesfees vir Bosveldfeesgangers hierdie jaar tydens die Bosveldfees
vanaf 30Junie tot 2 Julie.
Stoettelers van regoor Limpopo, en so ver as Gauteng en Noordwes bring beeste om te kom
skou. Rasse wat verteenwoordig word, is Rooi en Wit Brahmane, Santa Gertrudes, Simmentallers
en Simbras. Plaaslike telers het reeds vanjaar uitstekend gevaar op ander nasionale
skoue en bring weer hul beste beeste om te kom wys wat in die Bosveld bulle steek.
Die beeste word beoordeel op Woensdag, 30 Junie en Donderdag, 1 Julie, met die groot
stryd wat op Vrydag, 2 Julie tydens die Interras kampioenskappe plaasvind.
Boran beeste sal ook te sien wees op die skou, maar neem nie deel aan die kompetisie nie.
Daar is vanjaar weer ‘n mini bokskou wat die Bosveld se beste boerbokke ten toon stel. Op
Vrydag 11 uur vind ‘n bok- en skaapveiling plaas. Boerbokke en dorperskape sal te koop
aangebied word. Navrae kan gerig word aan Annelize Vermaak by 014-7633263 of At Vermaak
by 0825789615.
Raai en wen
As deel van die beesskou sal daar ook hierdie jaar ‘n beesskattingskompetisie aangebied word waar deelnemers wat ‘n
spesifi eke bees se gewig reg kan skat, ‘n os sal wen. Die kompetisie sal oor die hele verloop van die Bosveldfees aangebied
word en die wenner sal op Saterdag 3 Julie aangekondig word. Maak dus ‘n draai by die veeskou en raai ‘n os los vir ‘n skamele
R50 inskrywingsfooi.



