Wie gaan 4x4 koning wees?
As daar nou een ding is waarvan bosvelders in die Lephalaleomgewing nie genoeg kankry nie, is dit 4x4 kompetisies.
En getrou aan tradisie sal daarhierdie jaar weer groot opwindingby die Bosveldfees se 4x4 baan heers. Bestuurders
en hul voertuie sal behoorlik op die baan se 10 hindernisse getoets word.
Inskrywingsgelde beloop R170 per voertuig en deelnemers kan reeds vanaf 6h30 Saterdagoggend
inskryf. Inskrywings sluit om 8h00 en die kompetisie sal om 8h15 afskop.
Daar word in drie kategorieë deelgeneem: Standaard klas voertuie, langas ombouings (LWB modifi eds) en kortas ombouings (SWB modifi eds).
Daar is pryse vir die eerste drie plekke in elke kategorie, ‘n groot prys vir die algehele
wenner verskeie gelukstrekkings. Daar sal verversings by die rolbalklub se fasiliteite beskikbaar
wees vir deelnemers en toeskouers.
Gebruik die ingang by die Mogol Sportwinkel in George Wellsrylaan.



