
Ellisras Distriks Landbou Unie hou die afgelope jare saam met die Fees kommitee, die Bosveld Fees. Die samewerking is uitstekend tussen die onderskeie afdelings van die Fees. Lewende hawe veiling, uitstallings asook skou met Bokke en Beeste vind plaas. At Vermaak is die voorsitter daarvan. Johan j v Vuuren is voorsitter van die Biertuin wat deur die DLU boere hanteer word.
Die Bosveld Fees bied geleentheid om geld in te samel vir die Boere gemeenskap van die Distriks Landbou Unie.
Top vermaak word aangebied deur Die Campbells, Bobby v Jaarsveld, Eclips en vele meer.
Die Boere gemeenskap sien uit daarna om saam met die gemeenskap, die talle Beesras, Bok en Dorper stoet telers wat ons dorp besoek, asook uitstallers te ontvang en op tipiese warm Bosveld gasvryheid te trakteer.



