Welkom

Fees datum:  30 Junie - 03 Julie 2010
Mogolklub terrein
Nelson Mandelaweg
Lephalale (Ellisras)

Hekke word beman deur Laerskole Ellisras en Bosveld se personeel en ouers.

Biertuin word beman deur die Ellisras Distriks Landbou Unie

Meer oor die Fees

Bosveld fees vuur sy 24ste jaar, die jaar is daar n program vol pret en geleenthede.

Welkom by die Bosveldfees 2010

Lephalale Bosveldfees

Die jaarlikse Bosveldfees is lankal nie meer die klein fesie wat dit 24-jaar gelede was nie.
En sedert die Landbouskou en Bosveldfees ‘n paar jaar gelede saamgesmelt het,
het dit een van die mees gesogte plattelandse feeste in Suid-Afrika geword.
Met sowat 200 stalletjies en hope vermaak soos, onder andere, die pretpark, die

biertent met kunstenaars, helikopterritte en
rekspring, beloof hierdie jaar se fees om weereens ‘n hoogtepunt op 2010 se kalender
te wees.

As gevolg van die Wêreldsokkerbeker het die feesdatums weer teruggeskuif na die
eerste week van Julie en vind hierdie jaar plaas vanaf 30 Junie tot 3 Julie 2010 by
die Mogolklub.


Daar sal weer ‘n grootskerm televisie in die biertent wees vir die rugbygeesdriftiges.
Die feeskomitee het dit goedgedink om die biertent se kroeg na die teenoorgestelde
kant, weg van die pretpark af te skuif, sodat kinders onverstoord tussen die pretpark en
die tent, ook die kunstenaars kan geniet 24 Jaar van feeshou!
wat daar optree. Kunstenaars sluit in die gewilde Bobby van Jaarsveld, PJ Cruz,
Die Cambells, Broers, Eclipse, Kadet en die skreeusnaakse Rolmodelle.
Bravojeug gaan ook ‘n kuiertent tussen die biertent en pretpark bedryf waar die jeug
kan ontspan.


Die fees word weer, soos in die verlede, voorafgegaan met die Bosveldbal waartydens
die jaarlikse Mej. Bosveld gekroon word. Dit vind plaas in die Mogol Funksiesaal
op 25 Junie 2010.


Die kosstalletjies beloof om die heerlikste eetgoed te verkoop en dit is beslis
die moeite werd om ‘n draai te gaan maak en te gaan smul!


‘n Spesiale gaste gaan ook hierdie jaar ‘n draai by die fees maak - pragtige
klein leeu- en tierwelpie van Mama Tau sal in die saal besigtig kan word.
Kaartjies is by die hekke beskikbaar en ‘n gedeelte van die verkope sal aan
Laerskool Bosveld Primary en Laerskool Ellisras geskenk word.

‘n Woord van die organiseerders...

Die Ellisras/Lephalale Bosveldfees lok elke jaar sowat 25 000 besoekers!
‘n Baie groot gedeelte van hierdie syfer is besoekers van ander dorpe en stede.
Deur hierdie Fees aan te bied, bemagtig die Bosveldfeeskomitee onder andere
kerke en skole om fondse vir hul instansies te genereer.
Van die besighede in en om die dorp floreer in dié tyd, met die voorbereiding,
aanloop en uiteindelike invloei van besoekers tydens die Fees.
Die Bosveldfees is ook ‘n venster om besighede, en ons dorp bekend te stel en te
bemark. Met die kommersiële en industriële uitstallings word daar gepoog om
heelwat belangstelling te win. Die landbou sektor bly ook nie agterwëe nie, as daar
gekyk word na relevante tentoonstellings en die puik bees- en bokveilings.
Daar is natuurlik ook hope pret, plesier en vermaak vir die wat jonger is van “vlees”
en gees!
Kom, besigtig die uitstallings, neem deel aan die aktiwiteite, kom kyk opwindende
klub rugby op Vrydag-en Saterdagmiddag, en dan natuurlik, die skousepelagtige
vuurwerkvertoning op Saterdagaand, 3 Julie.


Geniet die 2010 Ellisras Bosveldfees!
Groete,
Marié Seegers (Voorsitter)


19h00 - 20h00 Kadens
20h00 - 22h00 Rolmodelle
22h00 - Laat Musiek in Biertent

Vrydag, 02 Julie 2010:
08h00 Potjiekos Kompetisie
Beeste Interras Beoordeling
Touleier-kompetisie
Maroela Gholftoernooi
10h00 Beesteparade
11h00 Boerbokveiling
12h00 Senior Burger Ete
14h00 - 19h00 Klub Rugby Proewe
Deurentyd: Stalletjies (Industrieël en Kommersieël),
Mallemeule, Biertent met musiek, Helikopter Flips, Straatnar,
Stiltwalker, Paintball, kinderarea, leeu- en tierwelpie te sien!
19h00 - 20h00 PJ Cruz (Biertent)
20h00 - 21h00 Die Broers
21h00 - 22h00 Eclipse
22h00 Musiek tot laat

Saterdag 03 Julie 2010:
07h00 Laat 4 X 4 Kompetisie
08h00 Wildsveiling
Maroela Gholftoernooi
09h00 Potjiekos Kompetisie
10h00 Beesskatting Trekking begin
14h00 Beoordeling: Potjiekos
Klub Rugby
18h30 Grootskerm Sport
19h30 - 20h30 Vuurwerkvertoning
20h30 - 21h30 Eclipse
21h30 Bobby van Jaarsveldt
Biertent – musiek tot laat
Deurentyd: Stalletjies, Mallemeule, Vierwielfi etse, Rekspronge,
Biertent met musiek en grootskerm sport, Helikopter Flips,
Straatnar, Stiltwalker, Paintball, kinderarea, leeu en tierwelpie

 

 

 


 

What customers think...

Bosveld fees is regtig n geleentheid wat ongelooflik is, die organisasie en beplanning is uit die boonste rakke.

Dankie aan die kommitee vir julle moeite.

Julle getroue besoeker

Who's Online

We have 1 guest online